Bestuurseffektieiteit Van Enkele Provinsiale Sportfederasies in Die Noordwes Provinsie

Submitted by: Submitted by

Views: 411

Words: 1401

Pages: 6

Category: Business and Industry

Date Submitted: 02/28/2011 04:59 AM

Report This Essay

NAVORSINGSVOORLEGGING VOORGELê TER GEDEELTELIKE NAKOMING VAN DIE VEREISTES VIR DIE MEESTERS-GRAAD IN BESIGHEIDSADMINISTRASIE AAN DIE POTCHEFSTROOM-KAMPUS VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT.

E. EKSTEEN (10730427)

BESTUURSEFFEKTIWITEIT VAN ENKELE PROVINSIALE SPORTFEDERASIES IN DIE NOORDWES-PROVINSIE

Formaat: Mini-skripsie

Studieleier: Prof. R. Lotriet

Mede-studieleier: Prof. DDJ Malan

[Sleutelwoorde: organisasie-effektiwiteit, sportstrukture, sportbestuur]

1. PROBLEEMSTELLING

Organisasie-effektiwiteit is een van die basiese komponente in bestuurs- en organisasieteorie (Baruch & Ramalho, 2006:39) en word derhalwe as fundamenteel vir enige organisasie – ook sportorganisasie - beskou. Dit word alomweë gestel dat alle sportorganisasies van mekaar verskil, hoewel daar tog ooreenkomstige eienskappe voorkom. (Parkhouse, 2005:79). Daar kom verskillende tipes sportorganisasie voor, byvoorbeeld federasies, nasionale assosiasies, klubs en plaaslike sportliggame om maar net ‘n paar te noem. Al die tipes sportorganisasies word geassosieer met sport aktiwiteite en al verskil hul in hul doel van bestaan, dra hul almal by tot die hoof missie van bevordering en ontwikkeling van sport in die gemeenskap (Gomez, S., Opaza, M. & Marti, C. 2008:4). Uit bogenoemde tipes sportorganisasies kan ‘n verdere klassifikasie gemaak word van 3 tipes organisasies, naamlik sportbeheerliggame, sportbyeenkoms organisasies en sportlewerings entiteite. Sportbeheerliggame verwys na sport organisasies wat sport administrateur en reguleer en wat fokus op die ontwikkeling van die sport op alle vlakke. Sportbyeenkoms organisasies is sportorganisasies wat verantwoordelik is vir die lewering van ‘n kompetisie sisteem vir sportlui. Die laaste tipe sportorganisasie, die sportlewerings entiteite behels organisasies wat rekreasie en kompeterende sport programme lewer op ‘n plaaslike of gemeenskaps vlak (Gomez, S., Opaza, M. & Marti, C. 2008:4). Sportfederasies word geklassifiseer onder...